ANDRIËTTE NORMAN

Stem vir jou gunsteling liedjies.

Stem vir een liedjie uit elke afdeling. Stemme is oop van Maandag, 13 Julie om 08:00, tot Donderdag, 16 Julie om 00:00. Slegs een stem per e-posadres / selfoonnommer word toegelaat. Vir 'n ekstra stem, SMS jou gunsteling deelnemer se kode na 45730.

STEM HIER

Voltooi jou inligting en stem

WEEK 1 DEELNEMERS:

OORSPRONKLIKE MUSIKALE-VERWERKTE AFDELING

Vir 'n ekstra stem,

SMS AN1 na 45730.

Lied se storie

Ons woon nou 13 jaar in die hartjie van die Boland. Nadat ons hierheen verhuis het, het ek die gedig oor die Boland geskryf. Ek wou graag die bekoring van die Boland vasvang. Kort daarna het ons dogter (Milah) begin klavier speel en sing. Op 14 het haar sangafrigter aanbeveel dat sy haar eie liedjies begin opneem. Ek en sy het een middag deur my leêr met ou gedigte gelees en toe sy Bittermooi Boland lees het sy gesê "Ma, ek wil hom sing!" Milah het die melodie op die klavier uitgewerk en later het ons die lied verder laat verwerk en opgeneem as een van haar eerste oorspronklike liedjies.

Oor die skrywer

Met Afrikaans kan ek skilder. Dit is vir my so lekker as mense saam met my die taal geniet. Ek is so lief vir ons taal en het 'n passie om jong digters en skrywers aan te moedig om kreatief daarmee om te gaan. Ons kan baie trots op Afrikaanse musiek en teater wees. Solank as wat Afrikaners skryf en sing, gaan die taal bly asemhaal, stories vertel en harte roer.

Lirieke

[Verse]
Ryp-rooi staan die wingerd,
granate in gelid,
juwele in die oggendson
sien ons hoe skitter dit.
Ek proe soet-so die somer
as die boorde wink en waai-
al die ster-beligte aande
saam kuier as ons braai.

[Chorus]
Neem my na die Boland
waar son en berg saam blom.
My hart is in die Boland
fynbos-mense, woorde stom
waar die Bergrivier die lewe stuur
en vriende gou oorkom…
Mag die bittermooi Boland
vir altyd my huis wees.

[Verse]
Na oestyd bloos die wingerd
Wynrooi wange in sy vlug.
Sprei sy goudgeel vlerke
wyd teen die hemel-lug.
Ek wag weer vir die winter
wat in wolkedons kom sit;
wanneer druppels reën
die land kom seën
en wingerd dankbaar bid.

[Chorus]
Neem my na die Boland
waar son en berg saam blom.
My hart is in die Boland
fynbos-mense, woorde stom
waar die Bergrivier die lewe stuur
en vriende gou oorkom…
Mag die bittermooi Boland
vir altyd my huis wees.

[Bridge]
Kon ek dit dink?
Kon ek dit raai?
Dat die lewe se mooiste
By my kom draai?  x2

[Chorus]
Neem my na die Boland
waar son en berg saam blom.
My hart is in die Boland
fynbos-mense, woorde stom
waar die Bergrivier die lewe stuur
en vriende gou oorkom…
Mag die bittermooi Boland
vir altyd my huis wees.

[Outro]
Ryp-rooi staan die wingerd,
granate in gelid,
juwele in die oggendson
sien ons hoe skitter dit.

Vir 'n ekstra stem,

SMS AN2 na 45730.

Lied se storie

Melk en Heuning gaan oor dit waarna elkeen van ons soek. 'n Plek waar jy hoort en kan bou aan 'n blink toekoms saam die mense waarvoor jy die liefste is. Ware rykdom lê in die gras onder jou voete, die hemel bo jou en die hande wat joune vashou.

Oor die skrywer

Ek is gebore en gemaak staan in Afrikaans. Daar is vir my niks mooier nie; Dis my hart en siel se taal! Ek was gebore in Bloemfontein, groot geword in Kaapstad en is tans woonagtig in Yzerfontein op die Weskus. In 2025 het ek 3de gekom in hierdie kompetisie en nou hoop ek om dit weer al die pad tot by die einde te maak en miksien hierdie keer op die boonste trappie te staan.

Lirieke

Ek het lank alleen geloop deur veld en Vaderland
Sonder ‘n padkaart met ‘n klippie in my hand
Maar die dag toe ek jou vind, toe ons wentelbane kruis
Het hierdie klippie ‘n rots geword en ek het geweet ek’s tuis
Ons kan mekaar die wêreld wys 

Chorus 
Op ‘n voetpad saam, ek en jy my engel
‘n Stukkie grond en ‘n potblou hemel, dis al wat ek vra
Hierdie droom sal ons dra met seën van bo, sal jy saam my glo?
In ‘n land van melk en heuning 

Vers 2 
Gee my die Klein Karoo of die Kalahari sand
Riversdal se bergkristal inplaas van ‘n diamand
Met jou hier teen my lyf en ‘n klippie in my vuis
Op ‘n onbekende roete is jy my hart se nuwe huis ja
Ons kan mekaar die wêreld wys 

Chorus 
Op ‘n voetpad saam, ek en jy my engel
‘n Stukkie grond en ‘n potblou hemel, dis al wat ek vra
Hierdie droom sal ons dra met seën van bo, sal jy saam my glo? (Herhaal)
In ‘n land van melk en heuning 

Brug 
Skop jou skoene uit lanks myne op hierdie plek wat ons bou
Strek jou arms uit teen myne, laat die soetheid jou omvou
In ‘n land van Melk en Heuning
Melk en Heuning
Melk en Heuning 

Chorus 
Op ‘n voetpad saam, ek en jy my engel
‘n Stukkie grond en ‘n potblou hemel, dis al wat ek vra
Hierdie droom sal ons dra met seën van bo, sal jy saam my glo? (Herhaal)
In ‘n land van melk en heuning 

KI MUSIKALE-VERWERKTE AFDELING

Vir 'n ekstra stem,

SMS AN3 na 45730.

Lied se storie

So hele tydjie terug het 'n kunstenaar op sosiale media gevra vir liedjies en ek het sommer so vir die pret probeer om ietsie meer kommersieel te skryf. Al my musiek is nog altyd net my stem en klavier en na ek die lied geskryf het, kon ek net nie dat dit klink soos wat ek dit bedoel het nie en het ek eintlik daarvan vergeet. 'n Paar jaar later toe KI 'n ding word het ek weer op die lied afgekom en KI gevra om 'n verwerking daarvan te maak. Dit het die lied uiteindelik, volgens my, tot sy reg laat kom. Party songs is gemaak vir 'n sekere stem - KI gee my uiteindelik die gereedskap om liedere te hoor in verskillende style. Dit gee my ook die vryheid om nie meer net binne my vokale vermoë/ beperkinge te skryf nie.

Oor die skrywer

Ek maak al vir baie jare musiek, die laaste paar jaar meer as 'n stokperdjie musikant. Woorde was nog altyd my superpower en dit kom tydig en ontydig en dan moet ek dit natuurlik iewers gaan uitlaat. My eerste keuse is altyd in 'n song. Afrikaans is die taal van my hart. Die taal waarin my emosies hulleself die beste kan uitdruk. My gunsteling woorde sal altyd Afrikaans wees.

Lirieke

[Vers 1]
Daar is 'n vreemde stilte elke keer net voor die storm breek
En ek het geweet die oomblik toe jy jou hand na my uitsteek
Dat die kalmte in die lug net 'n voorbode is
Dat in die fluister van die wind die gerugte reeds die rondte doen oor jou
Oor jou

[Koor]
Soos 'n tornado warrel jy deur my siel
En ek weet ek gaan nooit weer nooit weer nooit weer nooit ooit weer dieselfde wees nie
Tuimel en draai en emosies buite beheer
Ek weet die einde is naby maar ek kan myself nie keer nie
Want jy
Want jy
Maak tornadoes binne my

[Vers 2]
Die stilte wat kom lê terwyl die wilde winde waai
Laat my stil staan vir 'n oomblik en in jou siel in kyk
Ek kan jou nie ontsnap nie want die heelal het gepraat
In die oog van hierdie storm het my kommer my verlaat
Oor jou
Oor jou

[Koor]
Soos 'n tornado warrel jy deur my siel
En ek weet ek gaan nooit weer nooit weer nooit weer nooit ooit weer dieselfde wees nie
Tuimel en draai en emosies buite beheer
Ek weet die einde is naby maar ek kan myself nie keer nie
Want jy
Want jy
Maak tornadoes binne my

[Koor]
Soos 'n tornado warrel jy deur my siel
En ek weet ek gaan nooit weer nooit weer nooit weer nooit ooit weer dieselfde wees nie
Tuimel en draai en emosies buite beheer
Ek weet die einde is naby maar ek kan myself nie keer nie
Want jy
Want jy
Maak tornadoes binne my

Vir 'n ekstra stem,

SMS AN4 na 45730.

Lied se storie

Hierdie lied is nie vir iets of iemand spesifiek geskryf nie, maar is ñ kapsule van ervarings oor baie jare waar harte net gedeeltelik vir mekaar oopgemaak was. Die gevolg was spanning wat lei na heimwee en swerf.

Ek bly in ñ pragtige dorp waar die son hom gereeld ""doodbloei teen ñ krans"" en Sweefstap staan met sy voete stewig in die insperasie van alles wat mooi is om my."

Oor die skrywer

Ek skryf in Afrikaans want ek droom in Afrikaans.

Om liriek en musiek bymekaar te bring is my grootste asperasie as musikant.

Lirieke

Ek koop met soene van yster 
En jy beloon my n vryval na nêrens
Ons maak n boks vol Pandoras 
En laat hulle uitkom 
Soos vlieërs in die wind 

Waai na die uithoek 
Sweefstap na kaaie 
Lees deur my dagboek 
Onthou daardie blaaie 
Onthou dat ek lief is 
Vir skemerlig saans 
Bel as jy vêr voel 
Vannaand 

Ek vlieg op hoë spanningsdrade 
En jy kom soek my n kraai in die wind 
Ons maak n vuis vol beloftes 
En breek hulle almal 
Om eerlik te bly 

Waai na die uithoek 
Swerfstap na plase 
Sien my portrette 
Stof af daardie glase 
En weet dat ek lief is 
Vir skemerlig saans 
Die son bloei hom dood teen n krans 

Ek bel as dit rustiger gaan 
Bel as jy vêr voel vannaand