REËLS, BEPALINGS EN VOORWAARDES: SKRYF’it LIEDJIESKRYFKOMPETISIE 2026

Liedjie met oorspronklike verwerking

  1. ALGEMENE INLIGTING
Die SKRYF’it Liedjieskryfkompetisie, aangebied deur die FAK, is ’n platform vir Afrikaanse liedjieskrywers om hul oorspronklike werk ten toon te stel, met die doel om die Afrikaanse musiekerfenis te bevorder. Deur in te skryf, aanvaar deelnemers al die bepalings soos hierin uiteengesit.
  1. DEELNAMEKRITERIA

Die kompetisie is oop vir enige persoon van 15 jaar en ouer, ongeag ervaring, agtergrond of verbintenis tot die musiekbedryf.

Bekende kunstenaars en openbare figure is welkom om deel te neem, maar slegs onder ’n skuilnaam, om ’n eerlike en onpartydige beoordelingsproses te verseker.

Alle lirieke MOET volledig deur die deelnemer self geskryf wees.

Geen gebruik van Kunsmatige Intelligensie (KI) word in hierdie afdeling toegelaat nie. Alle lirieke en melodieë moet uitsluitlik deur die deelnemer self geskep wees. Enige KI-hulp, selfs gedeeltelik, sal lei tot onmiddellike diskwalifikasie.

Die Top 20 deelnemers sal vereis word om 'n beëdigde verklaring by die Polisie af te lê, wat moet stipuleer dat die lirieke en verwerking oorspronklik is.

  1. TAAL EN INHOUDSVEREISTES

Alle liedjies moet uitsluitend in Afrikaans geskryf wees.

Inhoud moet geskik wees vir ’n breë publiek en mag geen kru, aanstootlike, haatdraende of ontstellende taal bevat nie.

Die lied moet oorspronklik wees en mag nie voorheen gepubliseer of opgeneem gewees het in enige kommersiële vorm nie.

  1. INSKRYWINGSVEREISTES

Deelnemers moet die volgende materiaal indien:

  • Die volledige liedjie se lirieke, in Afrikaans, moet as ’n Word- of PDF-dokument ingedien word.
  • ’n MP3-klankopname van die liedjie.
  • ’n Opsionele instrumentale weergawe mag ingedien word om die musiekverloop beter te illustreer.

Let wel: ’n eenvoudige stemopname is voldoende – professionele opnames is nie ’n vereiste nie.

  1. REGTE EN PUBLIKASIEREGTE

Deur in te skryf, gee deelnemers toestemming dat hul name, foto’s, klank- en beeldmateriaal gebruik mag word vir bemarkingsdoeleindes, insluitend sosiale media, televisie en drukmedia.

Die FAK behou die reg om enige inskrywing wat nie aan die reëls voldoen nie, te diskwalifiseer.

Die topliedjies word as amptelike FAK-liedjies erken en sal moontlik in die 2029-FAK-Sangbundel verskyn, met gepaste erkenning aan die skrywer(s) en/of sanger(s).

Deelnemers aanvaar dat deelname aan die kompetisie geen reg op toekomstige tantieme of vergoedingsregte op FAK-uitgawes waarborg nie of aan hulle toegeken sal word nie.

  1. TYDLYN EN BELANGRIKE DATUMS

Inskrywings open: 16 Maart 2026

Inskrywings sluit: 30 April 2026 om 12:00

Finaal: 24 September 2026 te Voortrekkermonument in Pretoria

Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.

  1. BEOORDELINGSPROSES

Inskrywings sal deur ’n onafhanklike paneel van kundiges in die Afrikaanse taal- en musiekwêreld beoordeel word.
Beoordelingskriteria sluit in:

Oorspronklikheid en kreatiwiteit van die lirieke

  • Gehalte van Afrikaanse taalgebruik
  • Singbaarheid en musikale toepaslikheid
  • Gevoel, tematiese diepte en impak

Besluite van die beoordelaars is finaal. Geen besware of korrespondensie oor uitslae sal oorweeg word nie.

  1. KOSTES EN VERTEENWOORDIGING

Alle deelnamekoste (bv. voorafopnames, reis, ens.) is vir die deelnemer se eie rekening.

Indien finaliste ver bly, hoef hulle nie persoonlik by die finaal teenwoordig te wees nie. Indien nodig, mag hulle ’n gemagtigde verteenwoordiger daar hê of hulle ghoeroe kan namens die deelnemer optree.

Die Ghoeroes gaan die Top 5 Liedjies optree tydens die finaal en mits dit hulle wens is, mag die deelnemer saam met die Ghoeroe optree. Hierdie besluit lê alleenlik by die Ghoeroes.

  1. PRYSE

Wenpryse kan nie oorgedra of vir kontant omgeruil word nie.

Besonderhede van pryse sal apart aangekondig word en kan onderhewig wees aan beskikbaarheid.

  1. KOPIEREG EN WETLIKE VEREISTESDeur in te skryf waarborg deelnemers dat:
    • die ingediende lirieke volledig deur die deelnemer geskryf is;
    • geen bestaande liedjies, karaoke-weergawes, MIDI-lêers of instrumentale liedjies as basis gebruik is nie;
    • geen bestaande kopiereg geskend word nie;
    • die musikale verwerking oorspronklik deur hulle gedoen is, sonder die hulp van enige Kunsmatige intelligensie, en die reg het om die liedjie te versprei.
    • geen covers, remixes of herverwerkings van bestaande liedjies gebruik is nie; en
    • die inskrywing ’n nuwe, oorspronklike komposisie is.

    Die kompetisie aanvaar geen aanspreeklikheid vir kopiereg- of platformoortredings nie en die deelnemer wat ingeskryf het, aanvaar volle regsaanspreeklikheid daarvoor.

    Indien die wenliedjies vir opname in ’n toekomstige FAK-sangbundel gekies word, sal geen tantieme betaalbaar wees ten opsigte van die druk en verspreiding van sodanige sangbundel nie, aangesien die wenners reeds deur hul pryse vergoed is. Nieteenstaande hierdie bepaling, berus die kopiereg van die betrokke liedjies volledig by die liedjieskrywer en die uitvoerende kunstenaar.

    1. VRYWARING

    Die FAK, VONK Musiek, FAK Skryf'it borge en die organiseerders aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige verlies, skade of koste wat voortspruit uit deelname aan die kompetisie nie.

    Deelnemers neem deel op eie risiko.

    Liedjie met kunsmatige intelligensie (KI)-verwerking

    1. ALGEMENE INLIGTING

    Die SKRYF’it-liedjieskryfkompetisie, aangebied deur die FAK, bied in hierdie afdeling ’n platform waar tegnologie op ’n verantwoordelike en kreatiewe wyse deel kan vorm van die musiekproduksieproses.

    Hierdie kategorie het ten doel om innovasie in Afrikaanse musiek te stimuleer, terwyl die integriteit van liedjieskryf en menslike kreatiwiteit beskerm word.

    Die reëls van hierdie afdeling is spesifiek saamgestel om:

    • die integriteit van die kompetisie te beskerm;
    • eerlike deelnemers te beskerm;
    • regs- en reputasierisiko te beperk; en
    • steeds ruimte te laat vir verantwoordelike tegnologiese innovasie.

    Deur in hierdie afdeling in te skryf, aanvaar deelnemers al die bepalings soos hierin uiteengesit.

    1. DEELNAMEKRITERIA

    Die kompetisie is oop vir enige persoon van 15 jaar en ouer, ongeag ervaring, agtergrond of verbintenis tot die musiekbedryf.

    Bekende kunstenaars en openbare figure is welkom om deel te neem, maar slegs onder ’n skuilnaam, om ’n eerlike en onpartydige beoordelingsproses te verseker.

    Alle lirieke MOET volledig deur die deelnemer self geskryf wees.

    Kunsmatige intelligensie (KI) mag nie die kernidee, storielyn of konsep van die liedjie genereer nie.

    KI mag slegs gebruik word vir taalversorging, soos spelling, grammatika of sinstruktuur, en nie vir inhoudskepping nie.

    Deelnemers moet op versoek bewys kan lewer van oorspronklike lirieke, insluitend konsepweergawes, datums van skepping, handgeskrewe notas of soortgelyke dokumentasie.

    Die Top 20 deelnemers sal vereis word om 'n beëdigde verklaring by die Polisie af te lê, wat moet stipuleer dat die lirieke oorspronklike is en aandui presies vir watter elemente van die liedjie verwerk / aangepas is met Kunsmatige intelligensie

    1. TAAL EN INHOUDSVEREISTES

    Alle liedjies moet in Afrikaans geskryf wees.

    Inhoud moet geskik wees vir ’n breë publiek en mag geen kru, aanstootlike, haatdraende of ontstellende taal bevat nie.

    Geen KI-stem of KI-verwerking mag doelbewus ’n spesifieke bestaande kunstenaar naboots nie.

    Opdragte of stylrigtings soos “in die styl van [kunstenaar]” word nie toegelaat nie.

    Indien ’n inskrywing duidelik klink soos ’n spesifieke bekende kunstenaar, behou die FAK die reg om die inskrywing te diskwalifiseer.

    1. INSKRYWINGSVEREISTES

    Deelnemers moet die volgende materiaal indien:

    Die volledige liedjie se lirieke, in Afrikaans, moet as ’n Word- of PDF-dokument ingedien word.

    ’n MP3-klankopname van die liedjie.

    ’n Instrumentale weergawe mag ingedien word om die musiekverloop beter te illustreer.

    Let wel: ’n eenvoudige stemopname is voldoende – professionele opnames is nie ’n vereiste nie.

    Deelnemers moet ook met inskrywing ’n volledige KI-openbaarmakingsverklaring indien wat die volgende insluit:

    • Watter KI-instrument(e) gebruik is.
    • Watter dele van die liedjie deur KI gegenereer of verwerk is (bv. instrumentasie, stemgenerering, verwerking of mastering).
    • Watter dele deur die deelnemer self geskep, aangepas of beheer is.

    Versuim om die gebruik van KI volledig bekend te maak, kan tot diskwalifikasie lei.

    Hierdie reël beskerm die integriteit van die kompetisie en verseker eerlike deelname.

    1. REGTE EN PUBLIKASIEREGTE

    Deur in te skryf, gee deelnemers toestemming dat hul name, foto’s, klank- en beeldmateriaal gebruik mag word vir bemarkingsdoeleindes, insluitend sosiale media, televisie en drukmedia.

    Die FAK behou die reg om enige inskrywing wat nie aan die reëls voldoen nie, te diskwalifiseer.

    Die topliedjies word as amptelike FAK-liedjies erken en sal moontlik in die 2029-FAK-Sangbundel verskyn, met gepaste erkenning aan die skrywer(s) en/of sanger(s).

    Deelnemers aanvaar dat deelname aan die kompetisie geen reg op toekomstige tantieme of vergoedingsregte op FAK-uitgawes waarborg nie of aan hulle toegeken sal word nie.

    1. TYDLYN EN BELANGRIKE DATUMS

    Inskrywings open: 16 Maart 2026

    Inskrywings sluit: 30 April 2026 om 12:00

    Finaal: 24 September 2026 te Voortrekkermonument in Pretoria

    Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.

    1. BEOORDELINGSPROSES

    Inskrywings sal deur ’n onafhanklike paneel van kundiges in die Afrikaanse taal- en musiekwêreld beoordeel word.

    Beoordelingskriteria sluit onder meer in:

    • Oorspronklikheid van die lirieke
    • Gehalte van Afrikaanse taalgebruik
    • Kreatiewe en verantwoordelike gebruik van tegnologie
    • Singbaarheid en musikale toepaslikheid
    • Gevoel, tematiese diepte en impak

    Die beoordelaars sal ook in ag neem of die deelnemer duidelike kreatiewe beheer oor die liedjie behou het. Die deelnemer moet aantoonbaar kreatiewe besluite geneem het, bv.:

    • struktuur (verse/koor/brug)
    • tempo
    • stylrigting
    • herskryf van dele
    • interpretasie van vokale

    ’n Enkele “prompt en export”-benadering sonder verdere kreatiewe insette deur die deelnemer sal nie as ’n geldige inskrywing kwalifiseer nie.

    Tegniese minimum vereistes vir gelyke beoordeling:

    • Alle liedjies wat ingedien word, moet in die volgende formate wees: WAV of 320kbps MP3
    • Geen clipping of ernstige vervorming
    • Duidelik verstaanbare vokale
    • Maksimum lengte: 4 minute

    Besluite van die beoordelaars is finaal. Geen besware of korrespondensie oor uitslae sal aanvaar word nie.

    1. KOSTES EN VERTEENWOORDIGING

    Alle deelnamekoste (bv. voorafopnames, reis, ens.) is vir die deelnemer se eie rekening.

    Indien finaliste ver bly, hoef hulle nie persoonlik by die finaal teenwoordig te wees nie. Indien nodig, mag hulle ’n gemagtigde verteenwoordiger daar hê of hulle ghoeroe kan namens die deelnemer optree.

    Die Ghoeroes gaan die Top 5 Liedjies optree tydens die finaal en mits dit hulle wens is, mag die deelnemer saam met die Ghoeroe optree. Hierdie besluit lê alleenlik by die Ghoeroes.

    1. PRYSE

    Wenpryse kan nie oorgedra of vir kontant omgeruil word nie.

    Besonderhede van pryse sal apart aangekondig word en kan onderhewig wees aan beskikbaarheid.

    1. KOPIEREG EN WETLIKE VEREISTES

    Deur in te skryf waarborg deelnemers dat:

    • die ingediende lirieke volledig deur die deelnemer geskryf is;
    • geen bestaande liedjies, karaoke-weergawes, MIDI-lêers of instrumentale liedjies as basis gebruik is nie;
    • geen bestaande kopiereg geskend word nie;
    • die deelnemer die reg het om enige gebruikte KI-platform vir die betrokke doel te gebruik en die reg het om die liedjie te versprei;
    • geen covers, remixes of herverwerkings van bestaande liedjies gebruik is nie; en
    • die inskrywing ’n nuwe, oorspronklike komposisie is.

    Indien ’n KI-platform nie kommersiële gebruik toelaat nie, sal die inskrywing as ongeldig beskou word.