John-Henry Opperman

Stem vir jou gunsteling liedjies.

Stem vir een liedjie uit elke afdeling. Stemme is oop van Maandag, 3 Augustus om 08:00, tot Donderdag, 6 Augustus om 00:00. Slegs een stem per e-posadres / selfoonnommer word toegelaat. Vir 'n ekstra stem, SMS jou gunsteling deelnemer se kode na 45730.

STEM HIER

Voltooi jou inligting en stem

WEEK 4 DEELNEMERS:

OORSPRONKLIKE MUSIKALE-VERWERKTE AFDELING

Vir 'n ekstra stem,

SMS JO1 na 45730.

Lied se storie

Die lied is geïnspireer deur n persoon wat in ‘n ongesonde verhouding is,maar sukkel om te laat gaan. Elke keer wat hulle dink hul gaan aanbeweeg,kry hulle hulself in dieselfde posisie saam met die persoon. Dit gaan oor hoe die persoon nie hulle selfwaarde kan besef en hul is vasgevang in die idee van die persoon. Hul lewe in die verlede.

Oor die skrywer

Ek wil hê mense moet met my liedjies vereenselwig. Hulle moet weet hulle is nie alleen nie. My grootste struikelblok in die lewe is die feit dat ek anders voel,en nie in pas nie. Ek het egter besef dis nie ‘n slegte ding nie. Ek wil ander ook laat besef daars plek vir hulle in die wêreld,al is daar net een of twee wat van my liedjies hou. Hul moet ook weet enigiemand kan hul drome bereik,al sê mense vir hulle dat hul nie kan nie.

Lirieke

Vers 1:
Baklei
Gestry
En nou’s ek op die vloer in trane
Want jy kon net jouself nie keer
Om weer te argumenteer
Dan te maak asof niks gebeur het

Vers 2:
Probeer
Net weer
En ignoreer net elke teken
Wat wys jy is nie die een
Vir my
Wel dis nou verby
Was daar iets wat dit kon gekeer het?

Voorkoor:
Maar daar is
So
So baie dinge wat
Ek wou sê
So
so baie dinge wat ek nog vir ons wou hê
Die sterre het verdwyn
Die son het ophou skyn
En nou’s dit als verby?

Koor:
Elke keer wat ek jou sien
Verlore in die nostalgie
Dis asof jy n deel van my beheer
(Ek soek net meer)
Net ‘n bietjie meer van jou
My hele lyf sê nee,maar ja vir jou
Niks maak meer saak nie
Ek lewe in nostalgie

Vers 3:
Dis so verkeerd
Genoeg Gehad
Maar tog hier sit ek weer
Vasgevang in elke kyk wat jy gee
My hart is gebreek
En jy’s al wat dit kan genees

Voorkoor:
So
So baie dinge wat
Ek wou sê
So
so baie dinge wat ek nog vir ons wou hê
Die sterre het verdwyn
Die son het ophou skyn
En nou’s dit als verby

Koor:
Elke keer wat ek jou sien
Verlore in die nostalgie
Dis asof jy n deel van my beheer
(Ek soek net meer)
Net ‘n bietjie meer van jou
My hele lyf sê nee,maar ja vir jou
Niks maak meer saak nie
Ek lewe in nostalgie
(Ek soek net jou)
(Net meer van jou)
(As ek jou sien)
(Dis nostalgie)

Elke keer wat ek jou sien
Verlore in die nostalgie
Dis asof jy n deel van my beheer
(Ek soek net meer)
Net ‘n bietjie meer van jou
My hele lyf sê nee,maar ja vir jou
Niks maak meer saak nie
Ek lewe in nostalgie

Vir 'n ekstra stem,

SMS JO2 na 45730.

Lied se storie

Die song skets ’n persoon wat vasgevang is tussen selfvernietiging en hoop—iemand wat erken hy raak maklik verlore, maar glo dis deel van sy groei; Probeer sin maak van alles, en uiteindelik besef hy dat, al is hy nie heel nie, liefde vir hom steeds die kern is. Die rede om aan te hou—selfs al beteken dit om saam met iemand anders deur die chaos te verdwaal.

Oor die skrywer

Hello span. My naam is Armand. Ek is 'n musikant my hele lewe lank en het altyd in engels gesing en skryf. Ek skryf in die' jaar want ek wil ophou iets wees wat ek nie is nie. Daarom is ek dankbaar vir 'n platform soos Skryf'it wat die geleentheid gee, sodat ek my stories met my mede afrikaners kan deel.

Lirieke

Vers 1:
In die aand ry jy in ‘n kar wat ruik na rook
Harde musiek is presies wat die siel benodig
Dit is al midderna
Ek kom jou haal, maar ek het klaar verdwaal
Sal jy vir my wag?

Koor:
Ek het myself verloor en ek voel ek verdien dit
Soms moet jy eers verloor om op te spoor wat saak maak 

Vers 2:
Nog ‘n sigaret want terapie is te duur
Ek’s impulsief en soms te naïef
Of êrens in die middle
Stuur my ‘n kode
Ek is oppad en as ek weer verdwaal
Kom ons verdwaal saam 

Koor:
Ek het myself verloor asof ek dit moes verdien het
Ek moes eers verloor omjou op te spoor
Kom ons verdwaal saam
Ek weet dis onnodig om te kla
Indien ek jou weer vind
Volg ek jou tot die anderkant

Brug:
Gehipnoseer deur gevoelens
Soos ‘n hopelose romantiek
Kan ons vergeet en vergewe?
Ek het my les geleer
Ek staan hier voor jou deur 

Koor:

Ek het myself verloor asof ek dit moes verdien het
Ek moes eers verloor om jou op te spoor
Kom ons verdwaal saam
Dans in die geraas
Kom ons verdwaal saam 
Wie dit is te laat?

KI MUSIKALE-VERWERKTE AFDELING

Vir 'n ekstra stem,

SMS JO3 na 45730.

Lied se storie

Dit gan oor daai plek tussen in waar jy nie meer is wie jy was nie, maar ook nog nie weet wie jy gaan wees nie.

Dalk iets agtergelaat soos ’n verhouding of ’n ou lewe, ’n verlede weergawe van jouself, maar als voor jou is nog nuut en daar’s nog niks om rerig aan vas te hou nie. So jy dryf tussen hoop en onsekerheid.

Dit voel stil, ongemaklik, amper verlore… maar dis nie leeg nie, en jy gee nie op nie.. want dis waar verandering gebeur.

Oor die skrywer

Dis moeilik om te antwoord, maar ek gan probeer.
Ek is iemand wat my gevoelens wil deel met mense, want ek weet daar is ander mense wat dieselfde voel en dalk kan my woorde, of my musiek hulle n tipe rustigheid gee.

Afrikaans is waar my emosie die naaste aan die oppervlak lê.
Dis rou ja, maar dis eerliker, minder gefilter.
Ek skryfit (lol) in Afrikaans omdat dit meer opreg voel minder ingewikkeld...

Dankie vir almal se tyd! Hoop julle hou van die liedjie.

Lirieke

[Verse 1]
Ek ry weer deur dieselfde strate
Maar niks voel meer soos voorheen nie
Die ligte brand, maar iets het doodgegaan
En ek onthou nie eers wanneer nie

 Ek praat met my eie skadu
Asof hy dalk meer weet as ek
Hy sê ek’s halfpad na iets beter
Maar ek voel hy skeur die gek 

[Chorus]
Ek hang hier tussen wie ek was en wie ek word
Met my hande vol ou  beloftes wat ek nooit kon hou nie
En ek weet daar’s meer in my as hierdie seer
Steeds wakker twee uur die oggend... alweer.

 Ek’s nie daar nie… maar ek’s nog nie klaar nie.
Hier in die tussenin sal ek steeds bly asemhaal 

[Verse 2]
Ek hoor steeds my naam in ou gesprekke
Klink soos iemand wat ek nie kan onthou.
Al daai drome waaraan ek vasgehou het
Voel soos ’n ander mens nou. 

En almal sê “hou net aan beweeg”
Maar niemand sê my waarheen ek oppad is.
Ek bou ’n brug uit stukkende goed
En hoop dit bly staan tot ek aan die ander kant is. 

[Chorus]
Ek hang hier tussen wie ek was en wie ek word
Met my hande vol ou  beloftes wat ek nooit kon hou nie
En ek weet daar’s meer in my as hierdie seer
Steeds wakker twee uur die oggend... alweer. 

Ek’s nie daar nie… maar ek’s nog nie klaar nie.
Hier in die tussenin sal ek steeds bly asemhaal 

[Bridge – stripped]
Binne in die stryd van die tussenin
Is dalk waar iets nuuts kan oor begin
En al voel dit soos verlore tyd
Is dit dalk net hoe mens homself weer vind 

[Final Chorus – bigger]
Ek hang hier tussen wie ek was en wie ek word
Met my hande vol ou  beloftes wat ek nooit kon hou nie
En ek weet daar’s meer in my as hierdie seer
Steeds wakker twee uur die oggend... alweer. 

Ek’s nie daar nie… maar ek’s nog nie klaar nie.
Hier in die tussenin sal ek steeds bly asemhaal 

[Outro – soft]
n Nuwe begin, hier in die tussenin…

Vir 'n ekstra stem,

SMS JO4 na 45730.

Lied se storie

Hierdie song gaan oor die verlange na jou huis, en ’n gevoel van behoort.

Dis n storie van iemand wat die plaas verlaat het om iets meer te gaan soek in die stad, maar uiteindelik besef dat hy homself langs die pad verloor het.

Tussen die geraas, die gejaag en oppervlakkige mense begin die herinneringe roep.

Die boodskap is dat sukses en vooruitgang nie altyd beteken jy beweeg vorentoe nie. Partykeer beteken dit jy moet teruggaan na waar jy werklik jouself was, en weer kan wees.

Oor die skrywer

Iemand wat probeer uitfigure waar ek inpas en wat eintlik saak maak.

Ek was al in n band, het al rondgesoek na betekenis, ander paaie probeer, maar op die ou end kom alles maar terug na dieselfde plek toe.

Ek kan in Engels skryf, en het al baie, maar Afrikaans voel meer eerlik en gemaklik.

Lirieke

Ek lê weer wakker in ’n rustelose stad
Neonligte wat bly flikker regdeur die nag
Mense praat net oor mekaar, maar niemand luister nie
En hoë geboue gooi lang skadu’s oor my pad

As ek stil raak, onthou ek die grond onder my voete
Daai stofpad wat my altyd huis toe lei
Nou’s dit net geraas en koue strate rondom my
En ek wens ek het eerder maar gebly

[Pre-Chorus]
Want iets diep binne my bly roep na my naam
Soos ’n huilwind wat ver oor die vlaktes waai

[Chorus]
Ek wil huistoe kom!
Waar my gedagtes kan laat vaar
Waar my hart weer asemhaal
Waar die wêreld stadig draai

Ek wil huistoe kom!
Na die dou op die gras in die vroegoggend koel...
Waar die môreson my kom haal
En alles weer eenvoudig voel

[Vers 2]
Ek sien nog Pa se ou bakkie staan
En Ma se koffie op die stoep
Daai stilte voor die dag begin
Is iets wat hierdie plek nie ken nie.

Hulle meet jou net aan wat jy kan wys
Nie aan wie jy is as niemand meer kyk.
Dis nie wie jy is nie, dis net hoe jy lyk.
Hierdie "rat race" is nie vir my nie..

[Pre-Chorus]
Ja, iets hier diep binne my bly roep na my naam
Soos ’n huilwind wat ver oor die vlaktes waai

[Chorus]
Ek wil huistoe kom!
Waar ek my gedagtes kan laat vaar
Waar my hart weer asemhaal
Waar die wêreld stadig draai

Ek wil huistoe kom!
Na die dou op die gras in die vroegoggend koel...
Waar die môreson my kom haal
En alles weer eenvoudig voel

[Bridge]
Miskien het ek te ver geloop
Miskien het ek myself verloor
In drome wat nooit myne was nie
Op grys paaie wat nie spore los nie.

Maar ek weet nog waar my huis lê
En ek onthou nog daai afdraaipad
Al vat dit alles wat ek het om terug te gaan
Terug na my huis, ver van die stad

[Final Chorus]
Ek wil huistoe kom!
Na daai stilte wat my siel verstaan
Waar my hart weer asemhaal
Waar die wêreld stadig draai

Ek wil huistoe kom!
Waar die môreson my kom haal.
Waar die reën weer op my kan val
Waar my hart.. kan rustig raak.

[Outro]
Ja… ek wil huistoe kom…
ek gaan huistoe kom…