WILLIAM WOLF

Stem vir jou gunsteling liedjies.

Stem vir een liedjie uit elke afdeling. Stemme is oop van Maandag, 20 Julie om 08:00, tot Donderdag, 23 Julie om 00:00. Slegs een stem per e-posadres / selfoonnommer word toegelaat. Vir 'n ekstra stem, SMS jou gunsteling deelnemer se kode na 45730.

STEMME IS GESLUIT

WEEK 2 DEELNEMERS:

OORSPRONKLIKE MUSIKALE-VERWERKTE AFDELING

Vir 'n ekstra stem,

SMS WW1 na 45730.

Lied se storie

Môreland wat in my oë toekoms beteken.

Die lied Môreland gaan oor ons jong mense se reis na die toekoms. ’n onbekende maar hoopvolle bestemming waar ons ons eie pad skep sonder vaste reëls of kaarte. Tussen soms verlore voel en soms vry te voel het ons drome en hoop as die enigste rigtingwysers. Dis 'n reis na selfontdekking, die krag van drome, en die idee dat foute soms ok is en dat dit nuwe begin bring. Die refrein en brug wys dat die toekoms groot en uitdagend is, maar tog persoonlik en bereikbaar – ’n roep na ’n môre wat wag en wat vir ons bedoel is.

Oor die skrywer

Ek is Caitie Rock, ek is 16 jr oud. Ek sing van 9 jr oud af, dis my groot passie. Ek doen gereeld optredes en is op my gelukkigste op 'n verhoog.

Afrikaans is my moedertaal en my huis. As ons as jong kunstenaars nie afrikaanse musiek gaan uitbring nie hoe gaan afrikaanse musiek dan voortleef. Ek luister en skryf graag in afrikaans.

Lirieke

Verse 1
Ek kyk na die stad, die ligte brand, Drome fluister van 'n môreland.
Ons's jonk, ans's wild, maar ons soek nog meer,
Elke stap vat ons nader daarheen.

Chorus
Môreland Môreland, ek's op pad,
Geen kaart, net hoop wat ek vat.
Ek's verlore, maar ek's ook vry,
Die toekoms wag, en dit's vir my.
Môreland Môreland, ek's op pad,

Verse 2
Ons skryf ons name in die nag se lug,
Ons's net stories wat nog niemand sug.
Geen reels, net drome wat bly,
Ons's die begin van wat kom, ek en jy.

Chorus
Môreland Môreland, ek's op pad,
Geen kaart, net hoop wat ek vat.
Ek's verlore, maar ek's ook vry,
Die toekoms wag, en dit's vir my.
Môreland Môreland, ek's op pad,

Bridge
Ons's nie bang vir wat ons nie ken,
Elke tout maak ons weer begin.
Die wereld's groat, maar ans's genoeg,
Môreland roep, en ek's op vlug.

Final chorus
Môreland, ek's op pad,
Geen kaart, net hoop wat ek vat.
Ek's verlore, maar ek's ook vry,
Die toekoms wag, en dit's vir my.

Vir 'n ekstra stem,

SMS WW2 na 45730.

Lied se storie

Die idee van die liedjie is om so bietjie van 'n storie te vertel. Deel 1, twee mense wat saam grootword, en deel 2, as hulle dan nou groot is, dan is hulle nie meer saam nie. Deel 3 is dan die gedeelte waar hulle weer klaarblyklik saam is. Dis dan nou seker die mooi van die liedjieskryf, want vir almal gaan dit iets anders beteken. My boetie het aan die begin van die jaar twee van sy beste vriende in 'n motor ongeluk verloor, en die liedjie is opgedrae aan hom. Waar die gedeelte 3 kan lyk asof die mense weer saam is, in ons geval is dit meer 'n wens vir wat kon wees. Saam grootgeword en toe eweskielik is hulle nie meer deel van alles nie, nou sien jy hulle net in alles rondom jou.

Oor die skrywer

Soos ek in my vorige inskrywing ook genoem het, Afrikaans bly maar my hart se taal. Ek is nie 'n groot verbale mense nie, so ek gebruik maar baie liedjies en woorde om myself uit te druk.

Lirieke

Vers 1:
Dit was ek en jy teen die wêreld
Ek’t my skopfiets, jy’t n swaard
Tyd stap aan en jy stap saam
Padaf, als om ons vergaan

Koor 1:
Die straatligte hoor sag "eks lief vir jou"
Kaalvoet kon ons dans, kom wat wou
Die teerpad was nat gereën maar ek onthou
Die skemer sonsak, in jou oë

Vers 2:
Grootgeword, wie’t aanbeweeg
Want die agterdeur bly toe
Nou staan ek alleen as dit donderweer
Ek en my skopfiets in die reen

Koor 2:
Die straatligte sê sag "Eks lief vir jou"
Kaalvoet het ons daar gedans maar nou
Is die teerpad nat gereen maar ek onthou
Die skemer sonsak - in jou oë

Vers 3:
Huisie vol, die kinders lag
Grootword stories word weer vertel
Jy hou my vas by die agterdeur
Die reenboog wys sommer in die reen

Koor 3:
En die straatligte kan sê "Hy's lief vir jou"
Kaalvoet dans ons saam
My harts by jou
Die teerpad is nat gereën maar kom wat wou
Die skemersonsak is in jou oë

KI MUSIKALE-VERWERKTE AFDELING

Vir 'n ekstra stem,

SMS WW3 na 45730.

Lied se storie

Ek wou baie graag 'n oulike liefdesliedjie gemaak het met 'n interessante manier om te sê jy is lief vir iemand, soos die speel met woorde soos masala op die son en sonneblom nooi, Ek voel masala en sonneblom is n oulike manier om te sê jy's lief vir iemand, dit maak dit oulik op 'n hele ander manier.

Oor die skrywer

Net 'n normale ou wat werk by 'n Mica in Mpumalanga haha en geniet dit baie om liedjies te skryf

Lirieke

jy is 'n mengsel van gevoelens die ritme in my skoene,
die warmte op my voete,
die sonstraal op my pad,
Die lig in my hart

jou oë vertel die storie wat my hart laat groei,
jy is die skelm wat my hart ontvoer,
Die een wat my hart steel my harte dief,
ek is verlore in jou oë,
My sonstraal lief,

O o oo o ooo
saam stap ons 'n pad,
net jy en ek,
my liefie my lief,
my hartjie my hart,
my alles my als,
Want! Jy! Is!

"Koor"
my sonneblom nooi,
Jy is die sonstraal wat my innooi,
jy is die masala op my son,
Die warmte in my hart,

my sonneblom nooi,
jy is die lig op my pad,
jy is die liggie in my hart,
die warmte in my,
die een wat ek wil hê altyd by my,

jou hare skyn so mooi in die son,
So mooi vir my!
Mooi verby!
O o o oooooo

Jy is die sonstraal wat my innooi,
jy is die masala op my son,
Die warmte in my hart,

my sonneblom nooi,
jy is die lig op my pad,
jy is die liggie in my hart,
die warmte in my,
die een wat ek wil hê altyd by my,

O o oo o ooo
saam stap ons 'n pad,
net jy en ek,
my liefie my lief,
my hartjie my hart,
my alles my als,
Want! Jy! Is!

"koor"
my sonneblom nooi,
Jy is die sonstraal wat my innooi,
jy is die masala op my son,
Die warmte in my hart,

my sonneblom nooi,
jy is die lig op my pad,
jy is die liggie in my hart,
die warmte in my,
die een wat ek wil h锚 altyd by my,

Die nooi van my hart,
Die lig in my pad,
die liedjie in my kop,
die lied van my hart,
die warmte in my,
die een wat altyd by my bly,

my sonneblom nooi,
Jy is die sonstraal wat my innooi,
jy is die masala op my son,
Die warmte in my hart,

my sonneblom nooi,
jy is die lig op my pad,
jy is die liggie in my hart,
die warmte in my,
die een wat ek wil hê altyd by my,

O o oo o ooo
saam stap ons 'n pad,
net jy en ek,
my liefie my lief,
my hartjie my hart,
my alles my als,
Want! Jy! Is!

"koor"
my sonneblom nooi,
Jy is die sonstraal wat my innooi,
jy is die masala op my son,
Die warmte in my hart,

my sonneblom nooi,
jy is die lig op my pad,
jy is die liggie in my hart,
die warmte in my,
die een wat ek wil hê altyd by my

Vir 'n ekstra stem,

SMS WW4 na 45730.

Lied se storie

Somtyds, vir daai paar oomblikke, verloor mens jouself in liefde. Die oomblik moes ver-manifesteer word in iets hoorbaar, iets tasbaar

Oor die skrywer

"Sarafien (pseudoniem) is n' noem-naam wat my geliefdes my roep. My geliefdes is Afrikaans, musiek in Afrikaans vereenselwig dus beter.

Dit is soms uitdagend aangesien ons almal maar lekker ""slêng"" maar in Afrikaans is daar Hart"

Lirieke

[verse1] 

Die hitte in jou hande 
Jou warm vel se gloed 
Begeerte in jou asem 
N’ vuur wat in jou woed 
My siel begin te bewe 
Skeur los op pad na jou 
Verloor onsself in chaos 
My wese smag na jou 

[pre-chorus] 
Hou stil Haal asem 
Laat gaan 

[chorus] 
weef jou siel met myne 
vleg ons deur en om 
laat passie vuur ons louter 
ineen gesmelt tot ons net een is 
klim in my en laat my in 
gee my jou en vat van my 
verloor onsself in chaos 
en eindig in n’ nuwe begin 

[pre-chorus] 
Hou stil Haal asem 
Laat gaan 

[chorus] 
weef jou siel met myne 
vleg ons deur en om 
laat passie vuur ons louter 
ineen gesmelt tot ons net een is 
klim in my en laat my in 
gee my jou en vat van my 
verloor onsself in chaos 
en eindig in n’ nuwe begin 

[bridge] 
hou aan en aan 
moet nooit laat gaan nie 
jy word ek en ek word jy 
in een geweef 
so moet ons bly 

[chorus-softer] 
weef jou siel met myne 
vleg ons deur en om 
laat passie vuur ons louter 
ineen gesmelt tot ons net een is 
klim in my en laat my in 
gee my jou en vat van my 
verloor onsself in chaos 
en eindig in n’ nuwe begin 

[outro] 
Die hitte in jou hande 
Jou warm vel se gloed 
Begeerte in jou asem 
N’ vuur wat in jou woed 
My siel begin te bewe 
Skeur los op pad na jou 
Verloor onsself in chaos 
My wese smag na jou